2 jaar gelede
Eden skarrel vir ’n nuwe speaker
speaker: Barend Groenewald is die nuwe waarnemende speaker van die Eden-distriksmunisipaliteit.Foto: EUGENE GUNNING  ~ 

GEORGE. – Die opposisielede in die Eden-distriksmunisipaliteit ruik ’n rot.

Só het hulle gesê toe ’n nuwe waarnemende speaker vir die stadsraad gekies moes word.

Hul opmerking is gemaak op ’n vergadering waar gemoedere hoog geloop het.

Die speaker se pos was oop nadat die voormalige speaker, Mark Willemse, van die DA, bedank het.

Willemse is verlede week onverwags tot burgemeester van Knysna verkies.

Monde Stratu, die munisipale bestuurder, het toe dié buitengewone raadsvergadering belê.

Piet van der Hoven van die ANC het gesê nie eens tydens verlede jaar se brande in Knysna is ’n buitengewone raadsvergadering gehou nie.

In ’n stadium het die raad verdaag sodat die onderskeie partye kon koukus.

Toe die vergadering hervat is, het dit gelyk of die strydbyle begrawe is en raadslede kon voorstelle doen vir ’n nuwe waarnemende speaker.

Die opposisie het toe die DA voorgespring en die DA-raadslid Barend Groenewald benoem.

Groenewald is daarna eenparig as waarnemende speaker aangewys.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters