2 maande gelede
Dwelmbaas ry hom vas
Stash: Só lyk die polisie se dwelmvonds.FOTO Verskaf  ~ 
Versteek: Die dwelms is in die kar se deur gevind.
Stash: Só lyk die polisie se dwelmvonds.FOTO Verskaf

’N DWELMBAAS van die Noord-Kaap het in die Vanrhynsdorp-landdroshof verskyn nadat die polisie ’n vrag Mandrax in sy kar gevind het.

Die 50-jarige man is Dinsdag omstreeks 23:00 met sy wit Chevrolet Optra by die Klawer-weegbrug gestop.

Sy besonderhede is daar deurgegee, sê sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder.

“Dit het aan die lig gekom die man is by verskeie dwelmverwante sake betrokke. Die man het aangedui hy is op pad Springbok toe.”

Deursoek

Lede van Nuwerus se sigbare polisie-eenheid is ingelig van die kar. Hulle het die kar op die N7 ingewag en die man is na die polisiekantoor in Nuwerus geneem.

Hier het speurders van die Vredendal-polisie se dwelm-eenheid die kar deursoek.

“Die cops het 2 000 Mandrax-tablette en 167 g tik gekry wat in die deurpaneel van die kar weggesteek was.”

Die man is in hegtenis geneem en sy voertuig is gekonfiskeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters