10 dae gelede
Duikers kry vermiste kunstenaar se oorskot
SOEK: Polisieduikers soek na Van der Walt se liggaam.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Facebook-inskrywing waarin daar genoem word dat daar na Ronnie van der Walt (69), ’n bekende kunstenaar, gesoek word, het tragies geëindig.

Swaar reën oor die naweek het daartoe gelei dat plaaspaaie en laagwaterbruggies oorspoel het.

Van der Walt het laas met sy wit Toyota Hilux gery.

Meegesleur

Hy is Saterdag by die plaas­like polisiekantoor as vermis aangemeld. ’n Soekgeselskap het na hom begin soek.

Polisieduikers is ingespan.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het gesê Van der Walt se bakkie is vermoedelik reeds Vrydag deur die rivier meegesleur.

Sy lyk is Sondag 17:00 uit ’n rivier in die omgewing van Groenfontein gehaal.

Hy was ’n interna­sionaal bekende keramis en beeldhouer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters