Verlede maand
Dronk boef maak hom tuis in vrou se shebeen
TIEP: Die kis bier waaruit die man homself gehelp het in die shebeen voordat hy ’n slapie gevang het.  ~ Mpumi Kiva

’N ONWETTIGE shebeen-eienaar is lekker moerig nadat ’n man by haar besigheid ingebreek en homself gehelp het aan kos en drank.

Maar pleks van vlug, het die jong toe sommer lekker daar op haar rusbank getiep.

Beter nog: Hy’t boonop van háár drank verkoop en geld gemaak!

Die man (27) is in die shebeen in die JCC-plakkerskamp naby Mosselbaai gevind waar hy uitgepass het op ’n bank nadat hy homself gehelp het uit ’n kis biere.

Hy’t ook lekker ingeklim in die spek en ander vleis in die huis se yskas.

Die eienaar van die shebeen is net bekend as Nonko. Sy was in die dorp om haar government grant te gaan haal toe die ou by die shebeen inbreek.

Ingeklouter

Nonko sê die ou was reeds ses biere sterk en het ook al ’n kis bier verkoop toe sy hom in die huis kry waar vas aan die slaap.

Die vrou (38) sê die ou het deur ’n agtervenster ingeklouter.

Hy kom van die gebied en was ’n customer van haar, maar nie ’n vriend nie, verduidelik die shebeen queen.

Nonko het ook die cash in sy baadjiesak gevind wat hy gemaak het van die sales.

Sy weet nie wat gee hom die reg om by haar huis in te breek en haar drank te drink en te verkoop nie.

Hy moet nou vir al die booze betaal wat hy so vermetel uitgesuip het.

Kappie Kapp, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n man is gearresteer vir huisbraak en diefstal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters