Verlede maand
Drie beseer in ongeluk
ongeluk
Drie mense is beseer in die ongeluk Vrydagoggend op die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia.  ~ ER24

’N VROU en twee mans is Vrydagoggend beseer toe ’n kar en ’n bakkie op die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia in ’n ongeluk betrokke was. 

Russel Meiring, 'n woordvoerder vir ER24, sê met hul aankoms op die toneel is twee mans in die omgeslaande bakkie gekry en 'n vrou het in haar kar gesit.

"Met nadere ondersoek is bevind dat die vrou in 'n ernstige toestand is, terwyl albei mans slegs ligte beserings opgedoen het.

"Die drie is almal op die toneel behandel en die vrou is na 'n hospitaal vervoer vir verdere behandeling."

Die omstandighede rondom die ongeluk word nog ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters