Verlede maand
Drawwer: 3 roof my tekkies
'n Jong vrou is van haar tekkies beroof  ~ Foto Ter Illustrasie

MOSSELBAAI. – ’n Jong vrou moes kaalvoet vlug nadat drie gewapende boewe haar van haar tekkies beroof het.

Nothemba Tele (33) draf om fiks te bly, maar haar ordeal het haar nou bang gemaak om voort te gaan daarmee.

Volgens Tele was dit haar manier om met haar werkloosheid te deal.

Sy draf gewoonlik soggens om fiks te bly en was onlangs weer op die N2-snelweg naby die township KwaNonqaba aan’t draf.

Sy vertel: “Drie mans met messe het my voorgekeer. Ek wou weghardloop, maar hulle het my gecorner. Hulle het my hangertjie van my nek afgeruk en my tekkies uitgetrek.

Skollies

“Ek was geskok, maar kon huis toe hardloop. Dinge het só vinnig gebeur dat ek nou nog nie weet in watter rigting hulle weggehardloop het nie.”

Sy sê skollies het deesdae ál die tyd in die wêreld om mense te beroof. Sy wil graag sien dat dié betrokke area gepatrolleer word.

Inwoners in dié gebied sê dat rooftogte ’n alledaagse verskynsel by hulle geword het.

Lindile Mtimkhulu, ’n plaas­like inwoner, sê ’n man is laas week in dieselfde gebied van sy fiets beroof toe hy op pad werk toe was.

“Die skollies teiken mense vroeg soggens en saans as hulle van die werk af kom. Dis nie eens meer veilig vir motoriste om langs die pad te stop nie,” vertel Mtimkhulu.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters