8 dae gelede
Dood van geliefde uncle wyd gevoel
BAIE BEMIND: Uncle James Claassen is beskryf as ’n mentor vir jong brandbestryders.  ~ Foto Verskaf

MOSSELBAAI. – Groot hartseer heers ná die afsterwe van ’n geliefde brandweerman.

Oom James Claassen is Dinsdag oorlede ná ’n kort siekbed.

Die gewilde 63-jarige brandweerman is beskryf as ’n omgee-kollega wat sy tyd daaraan gewy het om brande te bestry.

Claassen het Mosselbaai en die omliggende gemeenskappe sedert 1982 as brandweerman gedien.

Adv. Thys Giliomee, die munisipale bestuurder, het Claassen se dood as ’n groot verlies vir die gemeenskap beskryf.

Grappe

Die hoof van die plaaslike brand-, reddings- en rampbestuureenheid, Joseph Johnson, het op sy beurt gesê Claassen se teenwoordigheid en grappe gaan gemis word.

“Uncle James het sy merk gemaak.

“Hy was vir baie van die jong brandbestryders ’n mentor.

“Hy was ook vir almal by die brandweer-eenheid ’n vriend,” het Johnson gesê.

Johnson het bygevoeg uncle­ James was ’n ware steun­pilaar wat nooit gekla het oor die werk wat hy moes doen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters