Verlede maand
Dis jab of g'n sepie-kykery
Vattie drama: Mercia Merriman sê niemand kan by haar TV kyk tensy hulle hul jab gehad het nie.  ~ Mpumi Kiva

GEORGE. – Geen jab, geen satellite dish TV.

Mercia Merriman (54) het aan haar vriende gesê as hulle nie hul jab teen Covid-19 gaan kry nie, kan hulle maar vergeet daarvan om TV op haar dish te kom kyk.

Merriman is happy met haar singleness en bly alleen in haar Hophuisie oorkant die Gushi’ndoda-plakkerskamp.

Sy sê sy wil hierdeur haar vriendinne wat so lief vir sepies is, aanmoedig om hulle teen Covid-19 te laat inent.

Sy moes laas maand drie weke in die George-hospitaal deurbring nadat sy Covid-19 gehad het.

Diegene wat in plakkerskampe bly, het nie elektrisiteit nie.

Hulle moet dan geliefde sepies by ander gaan watch.

En dis op dié manier dat Merriman haar tjommies nou sover wil kry om vir hul in­entings te gaan.

Besef

Sy sê: “Toe daar met inentings begin is, het ek ook die face news gevolg. Ek het besluit om my nie te laat inent nie.

“Maar ek het my mind ge-change nadat ek siek geword het en ek het besef hierdie pandemie is geen grap nie.”

Mackie Olay, een van haar vriende, sê hulle word weens die gebrek aan elektrisiteit gedwing om by vriende en familie te gaan TV kyk.

“Maar nou kan ek nie by Mercia se huis gaan TV kyk nie, tensy ek kan bewys dat ek die jab gevat het.

“Ek oorweeg dit maar nou om vir die jab te gaan,” het sy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters