DIE kerkklok van die Vrye Gereformeerde Kerk in Groot-Brakrivier wat verlede week gesteel is, is gevind.
Sers. Lauriane Botha, ‘n polisiewoordvoerder, sê hulle het die klok by ‘n scrap-jaart in George gevind.
Die klok se waarde is R70 000 en dit is vir ‘n skamele R476 verkoop. Botha sê die eienaar van die onderneming sal aangekla word vir die besit van gesteelde goedere.
Volgens Botha ondersoek die cops die saak en daar is nog geen arrestasies gemaak nie. - AlgoaFM