8 dae gelede
Diewe dra sowaar al hekke weg
SKOONVELD: Daniel Mjiwu staan by die spot waar sy hek eens was.  ~ Mpumi Kiva

OUDTSHOORN. ­– ’n Oom hier het onlangs wakker geskrik en tot sy skok besef sy hek is gesteel ...

Al weer.

Daniel Mjiwu (67) van Bo­ngolethu sê tikkoppe bly sy hek steel en dit stel hom bloot aan die verdere diefstal van sy boumateriaal.

Mjiwu vertel Maandag die hele doel van die hek is om diewe uit sy jaart te hou.

“Ek is ’n pensioenaris en wil nie hê mense moet kom en gaan in my jaart soos hulle wil nie.

“Ek moet nou ’n ander hek kry, maar is bang dat dit net weer gesteel gaan word.”

Desmond Killian bly in dieselfde straat en sê sy hek het eenvoudig ook voete gekry.

’n Ontevrede Killian sê vies: “Ek kon nie glo toe my dogter my wakker maak en sê my hek is afgeruk en gesteel nie.

Aandag

“ ’n Huis sonder ’n hek is ’n maklike target vir misdadigers, maar ek is bang dat as ek ’n ander hek opsit, gaan dit ook gesteel word.

“Dit is die tikkoppe wat hekke in ons buurt steel en dit dan by scrapyards gaan verkoop.”

Steve Lombard is ’n lid van die plaaslike straatkomitee en sê die diefstal van hekke is onder hul aandag gebring.

“Dis ’n ernstige situasie hierdie, want huishoudings rig dan juis hekke op om te verhoed dat misdadigers in hul huise kom.

“Baie gesinne meld nie hierdie diefstalle aan nie, want hulle weet nie wie die misdadigers is nie. Ons moedig hulle egter aan om klagte by die polisie aanhangig te gaan maak,” sê Lombard.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters