7 dae gelede
‘Dié twee se selfone toé besig’
staan tereg: Die beskuldigdes gister in die hof.Foto’s: garnett wicomb  ~ 

OUDTSHOORN. – Die Preston Titus-moordsaak is gister ná die oggendsessie vir die res van die dag verdaag om die olike verdagte, Masithembe “MJ” January, tyd te gee om verder te herstel.

MJ ondervind steeds asemhalingsprobleme. Sy regsverteenwoordiger, Louise Luterek, het ’n hospitaalsertifikaat vir sy afwesigheid die vorige dag ingehandig.

Bewysstukke

Die staatsaanklaer, adv. Chris van der Vijver, het die hof versoek om ’n lasbrief wat Dinsdag uitgereik is, te kanselleer en weer January se borgtog en -voorwaardes in werking te stel.

Die selfoonrekords van die vier beskuldigdes is hierna as bewysstukke aanvaar. Die verdediging het dit nie teengestaan nie.

Van der Vijver het die hof vir verdaging gevra om January verdere tyd te gun om te herstel voordat hy getuienis aanbied oor die beweerde beplanning van die moord.

Titus is die aand van 1 Desember 2017 in sy slaapkamer in die weermagbasis in Oudtshoorn vermoor.

Die verhoor is voortgesit met die getuienis van AO Anna-Marie van Niekerk, wat spesialiseer in die ontleding van selfoonrekords.

Sy het gister verder getuig oor die selfoonkommunikasie tussen die slagoffer se vrou, Magdaleen, en drie medebe­skuldigdes, Justice Mooi, Natasha Stuurman en January, asook Sixabizo Klip, haar voormalige motorbestuurder.

Toename

Klip het in Januarie 2018 ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Luidens die selfoonrekords was daar op 29 November 2017, die dag toe Mooi en ’n ongeïdentifiseerde man per taxi na Oudtshoorn gebring is, ’n toename in kommunikasie tussen die selfone van Magdaleen en Mooi.

Die twee mans is by die Oudtshoorn-begraafplaas afgelaai. Daar is hulle deur Klip opgelaai en na die woning van Stuurman geneem, waar Magdaleen hulle ingewag het.

Van der Vijver sê daar was geen selfoon-kommunikasie tussen Mooi en Stuurman nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters