Verlede maand
Dié klub is vir eensames
wenner: Magdalena Christians het die dood se eensaamheid geklop.Foto: KEITH MEYER  ~ 

ZOAR. – Die dood se eensaamheid het so aan haar gevreet, sy wou al self nie meer lewe nie.

Só sê Magdalena Chris­tians, wat sê sy is “ageless” eerder as om ’n ouderdom te verstrek.

Maar pleks van wegkwyn, het sy die clever plan gekry om die balsem te wees vir ander wat soos sy voel.

Christians vertel: “Toe my soulmate, Jakobus, ná 20 jaar hemelwaarts is, is iets in my saam die graf in.

“In dié 20 jaar het ek elke oggend twee koppies koffie gemaak, twee borde uitgeskep – en ewe skielik is die tweede bord en koppie nie meer nodig nie.”

Volgens Christians was die maande ná haar geliefde se sterfte sieldodend.

“Familie het my as ’n oorlas beskou. Selfs vriende het my begin vermy, want skielik was ek ál enkellopende in die geselskap.

“Sommige vriendinne het my as bedreiging vir hulle verhouding beskou. Ek verstaan, al weet ek ek het hoë morele waardes.”

Stig

Ná lang, eensame maande het die briljante idee by haar posgevat om ’n groep vir eensames te stig.

Sy redeneer: “Daar is nog tientalle wat ook soos ek deur dood se eensaamheidsdal gereis het. Mense het al selfmoord gepleeg oor eensaamheid ná die dood.

“Dis hoekom ek die klub Volmoed-vriende vir eensames gestig het. Dis hoe ek weer iemand gevind het wat waarde aan my lewe gee. Ek wil ander se lewe ook weer laat kleur kry.”

Christians, van Brak­laagte, glo selfs mense met selfmoordneigings kan gered word deur haar klub te join. Belangstellendes kan haar by 074 810 0997 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters