Verlede maand
‘Dank na Bo is beter as drank'
Dankbaar: Anthony Ewerts is baie bly.  ~ _KEITH MEYER

DIE hallelujas wat hoog en hard opgaan vir drankwinkels en watergate wat weer op vlak 3 oop is, verberg eintlik die feit dat kerke ook nou vir worship oop is.

Drank pleks van dank is by baie mense duidelik.

’n Emosionele suster Caroline Charles van Beaufort-Wes meen: “Mense kan soms so godslasterlik optree.

“Drank word ge­glorify, maar God word eenkant toe geskuif.

“Verkeerd is reg en reg is verkeerd in die oë van die mens. Ons moet almal sorry sê vir die Here.

“Dis verskriklik hart­seer. Die kerk is die plek van samekoms. God se krag is groter as die pandemie.”

Versprei

Mense het oral vanaf Maandag drankwinkels toe gestroom.

Ene Jaffie is kwaad oor dié verwikkeling.

Hy sê “Drinkebroers suip maklik uit een glas uit.

“Hulle spuug ook net daar waar hulle sit en suip.

“Dis net dat die virus makliker versprei kan word. Hoekom gaan hulle nie liewer kerk toe nie?”

Anthony Ewerts, ’n kerkraadslid van die Apostoliese Kerk, gee ook sy mening: “Ek verwelkom die oopmaak van kerke. As ons innoverend dink, kan ons stoele na buite dra en dan nóg 100 stoele buite uitpak.

“Gehoorsaamheid is beter as offerande. Ons kan die Here in ál sy glorie aanbid. Ons moet net almal hou by die protokolle en die pandemie beveg.

“Dank aan pres. Ramaphosa vir die geleentheid om die Here te aanbid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters