27 dae gelede
Dames woeker op die pad
GO TIME: Nag girlies skep nou terwyl dit pap reën. Foto ter illustrasie: JONATHAN LESTRADE  ~ 

OUDTSHOORN. – Die padwerke tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gee werk vir padwerkers én straatwerkers.

Die prostitute maak glo ook hulle stukkie uit die ekonomiese inspuiting in die streek.

Die cops sê hoewel geen klagte nog gemaak is nie, kan inwoners die Crime Stop-lyn by 08600 10111 bel.

Son het verneem dat die girlies van die nag die manne behoorlik in die pad steek.

Die tonge van albei dorpe se inwoners was behoorlik los.

John Pockpas, ’n buurtwaglid van Calitzdorp, sê: “Ons werk snags laat. Dis dan wanneer die kontrakwerkers van die girlies kom meet.”

Jakob Willemse, ook van die buurtwag, kla: “Dis nie reg wat die manne met die meisies doen nie. Wat van siektes?”

Bitter

Son het twee vroue by ’n trokkie hieroor gevra.

Ene Anna (skuilnaam) kla: “Dit gaan bitter. Ek het ’n kind wie se pa nie vir haar sorg nie. Die manne betaal orrait en ek doen dit nie sonder ’n kondoom nie. Ek is werkloos en dis my enigste inkomste, behalwe die kindertoelaag.”

Die ander een, Jane (skuilnaam), was aggressiewer: “Hier is net seisoenwerk. So, dis nou my seisoen om geld te maak. As die paaie en die stop-en-go’s klaar is, het ek ook nie werk nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters