3 maande gelede
Dak in sy maai toe wind waai
calitzdorp
foto ter illustrasie  ~ 

CALITZDORP. – Die toestand van die dorpsbiblioteek en gemeenskapsaal was ideaal vir die wind wat hier skade aangerig het.

Die sterk wind het die dak van die saal heeltemal opgefrommel.

Reggie Timmie, bestuurder in die dorp, sê daar sal ook strafregtelike klagte gemaak word vir saak­beskadiging omdat dele van die vibracrete-omheining van die pas opgeknapte sportterrein gesteel is.

Goedkoop

Jakob Willemse, DA-bestuurslid in Kannaland, sê die wind was sterk, maar voor dit was alle ruite al uit.

“Goedkoop werk, is duur werk. Daar is goeie carpenters wat ’n beter job kon doen. Ons gemeenskapsaal was gebruik vir troues en onthale, maar deesdae is dit vandale wat daarin amok maak.”

Die gemeenskapsaal is erg verniel en dit sal duisende rande kos om hom te herstel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters