8 maande gelede
Couple eet nou uit hul eie tuin
spoggerig: Jonathan Jantjies en Magdalena Christians skoffel hard aan die vrugte en groente in hul tuin.Foto: KEITH MEYER  ~ 

ZOAR. – Ledigheid is die duiwel se oorkussing.

Só glo ’n paartjie, Jonathan Jantjies en Magdalena Christians.

Jonathan vertel: “Toe lockdown aanbreek, het ons net by onsself gewonder hoe ons dié eensaamheid gaan verdryf.

“Maar ons het ook geweet stilsit is nie vir ons nie. Dis toe dat ons besluit het om ons liefde vir grond uit te leef.”

Terwyl baie ander gelees, gekook en gebak het, het dié twee hulle tot hul tweede natuur gewend: tuinmaak.

Magdalena vertel: “Jonathan het die harde deel gedoen om die grond gereed te kry. Dan het ek maar net eetgoedjies aangedra.

“Maar toe dit tyd geword het om te begin plant, het ek self my groen vingers in die sand gedruk. As ’n mens met liefde saai, sal jy met liefde die oes indra. Dis wat ons glo.”

Organies

Binne net meer as twee maande het die twee die vrug van hul arbeid letterlik en figuurlik begin pluk.

Jonathan, wat ook betrokke is by Genesis Rural Development, spog: “Ons het alle wintergewasse soos ertjies, boerbone, uie en beet. Dan is daar nog strawberries, kool, tamaties en rape.”

Die paartjie eet nou organies uit hul eie tuin.

Hulle vertel: “Ons deel graag met diegene wat in nood is in hierdie uur van lockdown.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters