Verlede maand
Cops verwoes ‘joint venture’
HOOG EN DROOG: 'n Polisielorrie word ingespan om bome van die holy herb te verwyder.  ~ Keith Meyer

ZOAR. – Waarom kollege toe gaan as jy die boom van kennis kan rook?

’n Oud-onnie is nou in die sop weens dié twakkies.

Nie minder nie as 230 ganja-bome is gekonfiskeer.

Die manne in blou het op dié plantasie aaptwakbome toegeslaan en dit op ’n groot polisielorrie weggery.

’n Ingeligte vertel: “Die col­lie weed het reeds geruime tyd bure se aandag getrek.

“Daar is glo ook ’n Rasta betrokke en daar word vermoed die home-grown (ganja) is dalk die Rastafarian s’n, maar dit is op die perseel van die toppie gevind.”

Aanklag

’n Tyd gelede is ’n Rasta-Khoi community se tuiste langs die R62 net buite Zoar ook deur die cops geraid.

Daar het hulle ook ’n plantasie home-grown gekry.

AO Jannie Cedras, polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig ’n 67-jarige man van Zoar het in Ladismith se landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.

Cedras sê die bloues het die verdagte in Brak­laagte, Zoar, gebust.

“Daar is op altesaam 100 daggaplante met ’n hoogte van 3 m beslag gelê. Nóg 130 plante met ’n hoogte van 50 cm is gekonfiskeer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters