4 maande gelede
‘Cops se dop shops nog oop’
VIR 'N PAAR: Inwoners kla sekeres word toegelaat om aan te kap met hul gesmokkel.  ~ Keith Meyer

DIE verbod op drankverkope het ’n nuwe “diskriminasie” begin, glo party Calitzdorpers.

’n Man kla: “Die kantiene is toe, maar mense kom legal uit ander dorpe en kom laai drank af by smokkelhuise in Bergsig en Royal Heights.

“Kry iemand in ’n uniform iets uit die deal? Die regering het gesê hy gaan meer cops gee, maar die plaaslike cops is te min. Drankpryse het ook die hoogte ingeskiet.”

Kraantjies kos R250 en ’n lang bier kos tot R60 een.

Piemper

’n Mert kla: “Gooi ek net ’n bier uit, kom skud die cops my. Maar daar’s smokkelhuise wat soos in legal smokkel.

“Hulle word nie geskud nie. Dis omdat van die cops mos daar gaan drank koop. En dan kry hulle mos special pryse.”

’n Inwoner sê: “Kla jy, word jy as ’n piemper gebrandmerk. Sekere law enforcements of­ficers weet daarvan.”

Kapt. Malcolm Pojie sê die handel in onwettige dwelms en drank bly ’n topprioriteit.

“Daar is definitief nie uitsonderings nie. Die Calitzdorp-SAPD teiken alle onwettige persele waarvan ons weet.

“Mense word aangemoedig om alle onwettighede aan die plaaslike polisie te rapporteer sodat ons kan optree.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters