5 maande gelede
Cops ‘raid’ skool met mikrofone
SURPRISE! Die leerders is aangenaam verras.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Toe die manne in blou op die Hoërskool Ladi­smith toeslaan, was die leerders verras. Aangenaam verras!

Want pleks van ’n misdaadoperasie was dit ’n godsdiens-en-gospel-operasie.

Die drie sektorbestuurders AO Isaac Kamfer, sers. Henry Moses en konst. Jandré Rooi, en kollegas van misdaadvoorkoming het soos ’n gospel band met honderde watt se klanktoerusting toegeslaan. Die leerders se voete het behoorlik gejeuk toe hulle saam met die Gospel Boys sing.

Sers. Moses het die byeenkoms met die lied “Die Bloed van Jesus” geopen.

Sers. Zollie Heskwa het die leerders onderskraag met Psalm 36 se “Hoe Kosbaar is U Trou, o God”.

Sers. Moses het die leerders vermaan om die wet te gehoorsaam: “As jy die reguit paadjie verlaat, gaan die polisie vir jou netjies maak.’’

Die skoolhoof, Shaanta Lee, was baie opgemaak met hoe die SAPD se Gospel Boys die ding geruk het.

Lt.kol. Pauline Kriel, stasiebevelvoerder, sê: “Saam gaan ons misdaad oorwin.”

Die leerders het vir die cops hul skoollied, “Klim die Berg Saam Met My” gesing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters