19 dae gelede
‘Cops help nie’
uitgelewer: Katriena Opperman en haar gesin leef in vrees en beweer hulle kry geen beskerming van die cops nie.Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – Die gesin noem hulle “buurt-terro­riste”.

Die Opperman-gesin verwys so na ’n groep jongens wat hul lewe glo hel maak. Die gesin beweer die cops kyk anderpad.

So gewelddadig is die manne dat hulle selfs die gesin se twee honde aangeval het.

Katriena Opperman vertel: “Ons het daai aand ’n bakleiery onder in die straat gehoor. Vanuit die rigting van waar my skoonsuster-hulle bly.

Dryf

“Toe staan ons in die deur en almal sien die bakleiery. Toe kom die bolling verby ons huis en val sommer my seun uit die bloute aan.

“Toe begin hulle klip gooi. My seun dryf hulle toe uit ons yard uit nadat ’n klip my in die sy getref het.”

Die span het volgens haar toe gesweer hulle kom terug en dié keer met skerp goed.

Charles Horsband, die pa, vertel: “Ek was daai tyd op krukke en kon niks doen nie. Ek hoor ook toe hulle dreig.

“Ons het toe die polisie gebel, maar hulle het glad nie uitgekom na die klagte nie. My seun, Ashwin, het toe maar weggeloop sodat hulle nie weer op ons yard met hom kom baklei nie.”

Katriena maak toe die honde los.

Sy vertel: “Hulle slaan toe my skaaphond met ’n gholfstok dat hy bewusteloos in ’n plas bloed neersak. Toe kap hulle die pit bull met ’n panga en kloof sy rug oop.

“Ek smeek toe dat hulle moet loop, want my seun is nie in die huis nie. Toe kom hulle die huis in en smash die furniture.”

Volgens die gesin terroriseer die gangsters hulle steeds. Hulle beweer die cops doen niks nie.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die gesin aangeraai om na die polisiekantoor te gaan en die stasiekommissaris te spreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters