7 dae gelede
Bye val gesin, vriende aan
BERZZZERK: Bye het dit niks gelikes toe Luvo Jali hulle wou verjaag nie.  ~ Foto ter llustrasie: Netwerk24

GEORGE. ’n Man (52) van Lawaaikamp het ’n noue ontkoming gehad toe ’n swerm bye hom gistermiddag in sy huis aangeval het.

Bye wat op Luvo Jali se dak nesgemaak het, het hom in sy gesig en oral oor sy lyf gesteek.

Jali het vanuit sy hospitaalbed gesê hy wou die byenes met ’n besemstok verwyder nadat die bye sy 12-jarige dogter gesteek het.

Die swerm bye wou egter niks weet nie.

Hulle het Jali verwoed die huis in gevolg en gesteek.

Die bye het ook sy vriend aangeval wat op daardie oomblik by hom gekuier het.

Jali vertel: “Ek het aanvanklik nie geworry met die bye wat op my dak kom nesmaak het nie. Maar hulle het ’n probleem begin raak deur mense aan te val wat by my kom kuier het.

Verjaag

“My dogter was op pad skool toe toe hulle haar steek.

“Toe ek die bye met ’n besemstok probeer verjaag, het hulle my attack.

“My vriend het papier probeer brand om hulle te verjaag, maar dit het die bye net kwater gemaak.”

Een van die bure, Soso Zo­ndani, sê die bye terroriseer Jali en sy gesin.

“Dit is amper asof my bure getoor is met hierdie bye-plaag. Ek is baie bang vir hierdie bye.

“Hulle is baie angry crea­tures,” het Zondani gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters