25 dae gelede
Buurtwag en polisie is haaks
ondermyn? Buurtwag­lede dink die SAPS drop hulle. Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – Twee vennote teen misdaad is blykbaar nou vyande.

Dít terwyl die dorp ge­teister word deur veral straatkinders en misdaad onder jong mense.

Boonop is daar ook ’n tekort aan cops en polisievoertuie.

’n Buurtwaglid, Johnny Pokpas, verduidelik: “Ons is ’n geakkrediteerde buurtwag.

“Maar wanneer ek straatlopers verwyder en misdaad voorkom, maak polisielede daai einste misdadigers op om sake teen my te maak.

“Spreek ek hulle aan, dan noem hulle ’n sekere polisie­lid se naam en hulle sê hy sal hulle help om sake teen my te maak.

Waarsku

“Ek moes al interdikte teen van die gewoonte­misdadigers kry oor hulle inmenging.”

Nóg ’n buurtwaglid, Kaki Willemse, sê: “Die mis­dadigers weet al wanneer die polisie op smokkelhuise gaan toeslaan.

“Ek wil dit duidelik stel: Van die polisielede gaan waarsku die smokkelaars, daarom kry ons niks wanneer ons dit skud nie.

“Ons gaan dié aangeleentheid op die hoogste vlak laat ondersoek.”

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê die cop moet by die stasie­kommisaris verkla word sodat hy departementeel onder­soek kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters