18 dae gelede
Buurtwag by die rugby
PARAAT: Die Prera-buurtwaglede help graag uit.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE George-munisipaliteit is dankbaar teenoor die buurtwag van die Protea Park Rosemore Estates Residence Association (Prera).

Die lede patrolleer die areas vanaf Mullerstraat, Nuwe Protea Park, Protea Park, ’n deel van Le Vallia tot by die Garden Route-inkopiesentrum. Dit is wyk 6, die gebied van raadslid Hendrik Ingo.

Die lede het verlede Vrydag orde gehandhaaf by die Progress-rugbyklub se tuisstryd in die Rosemoor-stadion teen die Bridgton-rugbyklub.

Die buurtwag werk elke Vrydag- en Saterdagaand.

Prera het die Progress-rugbyklub bedank vir die geleentheid om van hulp te wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters