2 maande gelede
Broodnodige rande rol in ná skool, radio se teleton
spring self in: Die groep leerders het ook aan die aktiwiteite deelgeneem. Foto: garnett wicomb  ~ 

Die Hoërskool Môrester, die oudste bruin hoërskool in die Suid-Kaap, het pas ’n baie geslaagde teleton gehou.

Dis gedoen in samewerking met die gemeenskapsradiostasie Eden FM om geld in te samel vir broodnodige sportgeriewe en -toerusting.

Meer as R60 000 is in­gesamel, sê ’n lid van die beheerliggaam, Charlotte van Aswegen.

Die skool is vanjaar 82 jaar oud. Hy het nie sy eie sportveld nie.

Sy ander groot behoefte is ’n bussie om leerders na sportbyeenkomste te vervoer.

Volgens die skoolhoof, Rudy­ Sabad, veroorsaak die gebrek aan sportgeriewe dat leerders by antisosiale aktiwiteite betrokke raak. Dit raak hul toekoms nadelig.

“Ons het besluit om iets te doen omdat ons nie die nodige fondse van die onderwys­departement kry nie.

“Die rol wat sport in die ontwikkeling van jong mense speel, kan nie ontken word nie.”

In Saterdag se teleton is ’n bedrag van byna R15 000 aan die skool geskenk.

Twee wisseltrofeë, een vir tegniese wiskunde en een vir tegniese wetenskappe, is ook aan die skool oorhandig.

  • As enige iemand nog ’n bydrae wil maak, kan hulle die skool by 044 272 4471 bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters