Verlede maand
Broer wil saak teen suster terugtrek
Suster in hof na sy haar broer na bewewring gelem
Suster in hof na sy haar broer na bewewring gelem het  ~ verskaf

DIE verhoor van ’n vrou van Oudtshoorn wat haar broer in 2018 na bewering ses keer gesteek het, het verlede week in die Oudtshoorn-streekhof begin­.

Sunette Loxten staan tereg op ’n klag van poging tot moord en pleit onskuldig. Sy beweer haar broer, Salman, het haar met ’n skroewedraaier gesteek en daarom moes sy optree.

Sy sê sy leef in vrees vir haar broer, veral wanneer hy dronk is. Sy het al ’n ander broer weens Salman se optrede aan die dood afgestaan.

Erken

Salman het getuig dat hy die saak wil terugtrek omdat hulle nie meer ouers het nie en saam woon. Hy het getuig dat hy nie alles wat die betrokke Saterdag gebeur het, kan onthou nie en vra die hof om nie sy suster tronk toe te stuur nie.

Hy het erken dat hy haar met ’n skroewedraaier gesteek het nadat sy hom eerste met ’n mes gesteek het. Sy was kwaad oor ’n kassie wat hy langs die wasmasjien laat staan het.

Volgens hom het hy lam geword en op ’n bank gaan sit waar sy suster hom verder gesteek het. Die saak duur voort.

  • ’n Saak teen drie mans wat van dwelmhandel aangekla word, is in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel tot 29 Julie vir uitspraak.

Williams word ook van roekelose bestuur aangekla.

Ndoni en Malgas sê in hul waarskuwings­verklarings Williams het hulle ’n saamrygeleentheid gegee.

Weggejaag

Volgens Ndoni het hulle ’n polisievoertuig sien staan, maar toe Williams wou stilhou, het Ndoni gesê hy moenie omdat hy pille en tik by hom het.

Williams het toe weggejaag. Tydens die jaagtog het hulle van die dwelms ontslae geraak.

Hulle is in Rossouwstraat voorgekeer en in hegtenis geneem. Ndoni sê die dwelms het aan hom behoort en Williams was nie daarvan bewus nie.

Williams het sy swygreg gebruik en nie ’n waarskuwings­verklaring afgelê nie.

Die mans bly in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters