3 maande gelede
Broer-killer is skuldig
Man doodgesteekFoto:ter illustrasie  ~ 

CALITZDORP. – ’n Man van Groenfontein in die Calitzdorp-distrik wat sy ouer broer doodgesteek het, is in die streekhof in Oudtshoorn skuldig bevind aan moord.

Die 23-jarige Niklaas Fortuin het sy broer Harry op 5 Mei laas jaar by hulle tante se woning in Royal Heights, Calitzdorp, vier keer met ’n mes gesteek. Hy was glo geïrriteerd oor sy broer se oproerigheid. Hy het ook sy broer se kop op ’n sementblad gekap.

Hekkie

Mercia Pretorius het getuig dat Fortuin sy broer wou wegneem van hulle tante se woning af nadat hy glo “met almal” daar baklei het en ook sy tante met ’n mes wou steek.

Hy het sy broer tot by die hekkie geneem waar hy hom in die nek en nog drie ander plekke gesteek het.

Landdros Ntsoki Moni het in haar uitspraak gesê dit is duidelik dat die beskuldigde se lewe nie in gevaar was toe hy sy broer met ’n mes gesteek het nie. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters