3 maande gelede
Brigade doen dit al 16 jaar
baie trots: Die musikale brigade wat die KKNK altyd deur dik en dun opvrolik. Foto: GARNETT WICOMB  ~ 

OUDTSHOORN. – Die Lutherse Jeugbrigade is al 16 jaar by die KKNK betrokke.

Die brigade-orkes van die Bridgton Evangelies-Lutherse Kerk het vanjaar die 16de jaar agtereenvolgens op dié gewilde kunstefees opgetree.

Die orkesleier, kapt. David Julius, sê die brigade is groot dank verskuldig aan die KKNK, sowel as kykNET, vir die geleentheid wat hulle gebied word om die kinders gedurende die fees aktief besig te hou.

Hy sê dit bied enorme blootstelling en spoor ander jong mense aan om hulle by die brigade aan te sluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters