Verlede maand
Brieke faal op bult
Eina! Adam Claassen is nou nog seer ná sy fiets-ordeal.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – Die berugte doodsbult wat die woonbuurt Bergsig met die R62 verbind, het onlangs byna twee buddies se lewe beëindig.

Adam Claassen vertel: “Mense, daai dag toe dink ek: ‘Vandag is ek op pad na Bo.’ Ek het my tjommie Michael “Wankies” Opperman toe mos daai dag ’n lift met die bicycle gegee.

“Wankies het voor gesit op die dwarsyster van die bike. Toe sak ons af by daai gevaarlike skuins bult af.”

Maar die twee vriende sou nie kon droom wat op hulle wag nie.

Claassen vertel: “Toe ons onner op die draai kom, toe wil die brieke nie vat nie.

“Toe weet ek vandag kom daar pêre, want met brieke wat gaan lê het, weet jy jou lewe hang aan ’n draadjie.

“Toe kom daar nog ’n kar ook aan.

“Mense, toe is ál way om maar teen die kar vas te jaag.”

Volgens Opperman het die fiets omgedop, maar hy was te kwaad en seer en het weggeloop toe Son nog met hom verder wou praat.

“Ek is eers deur die lug en toe kom Wankies agterna,” vertel Claassen.

“Ons het daar langs die pad beland en moes toe hospitaal toe. Gelukkig leef ons nog, maar ek kan nou nog nie gaan werk nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters