14 dae gelede
Brandweer help bejaarde uit berg
fire, car fire, car on fire, blaze, shack fire, fi
Die brandweer in George het 'n bejaarde vrou van die berg gehelp.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

DIE brandweer in George moes Woensdag 'n bejaarde vrou uit die Outeniekwa-berge help nadat sy haar enkel beseer het.

Die 71-jarige vrou was saam met 'n stapgroep toe sy haarself beseer het.

Die stapgroep het omstreeks 10:30 vir hulp gebel waarna die brandweer ingespring het.

Sy is tans in ’n stabiele toestand in die hospitaal. 

Neels Barnard, brandweerhoof van die George-munisipaliteit, het Metro Rescue, Hikers Network, Outeniqua Trail Search and Rescue en ER24 bedank vir hul samewerking.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters