21 dae gelede
‘Bok’ bliksem man oor joke
VASBESLOTE: Loyiso Mjono sê hy gaan nie ophou jokes maak oor sy ou-bok-grap en gevolglike pak slae nie.  ~ Mpumi Kiva

MOSSELBAAI. – ’n Grap kan jou ’n pak slae op die hals haal.

Vra maar vir ’n wannabe-komediant wat ’n drag slae gekry het nadat hy iemand in die gehoor met ’n ou bok vergelyk het toe hy die mense kaarte wou skiet.

Loyiso Mjono (34) maak in die Barcelona-plakkerskamp ’n lewe uit grappe vertel. Hy laat ook mense by malls skater.

Maar Dinsdag het hy ’n gruwelike fout begaan toe hy iemand in die crowd ’n ou bok noem.

Mjono, wat saam met sy ouer suster bly, sê die voorval het hom baie skaam gemaak. Dinsdag was hy steeds te skaam om sy volle gesig vir ’n foto te wys.

“Sommige mense weet nie hoe comedy werk nie,” kla hy.

“Grappe is veronderstel om ons stres te verlig en om ons soms te laat lag oor die dinge wat ons deurmaak. Die mense het gelag toe ek die man vergelyk met ’n ou bok, toe spring die man uit die crowd en slaan my in die gesig.”

Mjono sê die man het hom toe teen die grond gegooi en geskop.

Die crowd moes tot sy redding kom.

“My grappe is nie bedoel om mense seer te maak nie. Ek is werkloos en maak vir ’n living jokes. Mense hou van my jokes. Dis ’n geïsoleerde geval dié.”

Mjono sê niks gaan hom keer om in die openbaar vir mense te perform nie.

’n Fan, Neziswa Feza, betreur die voorval.

Respekteer

“Mense hou van hierdie ou se jokes. Hy laat ons lag en is net besig om ’n honest living te maak.”

Feza sê daar is geen rede vir die aanranding nie; inwoners respekteer Mjono en wil hom sien perform.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters