13 dae gelede
Boetes oor water is voorland
 ~ 

OUDTSHOORN. – Inwoners wat nie hou by die nuwe waterbeperkings hier nie sal met ’n “spot fine” van R1 000 beboet word.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit het op ’n spesiale raadsvergadering einde verlede week strenger waterbeperkings aangekondig.

Watertariewe sal ook moontlik aangepas word.

Volgens die nuwe waterbeperkings word dit verbied om voertuie met ’n tuinslang af te spuit en mag tuine net met ’n emmer, op spesifieke tye, drie dae per week natgemaak word.

Beroep

Sportvelde, parke en oop ruimtes mag nie voortaan met water vanuit die Raubenheimerdam besproei word nie. Inwoners wat van boorgatwater gebruik maak om hul tuine te besproei, moet dit duidelik aantoon.

’n Ernstige beroep is gedoen op huishoudings om nie meer as 12 kl per maand te gebruik nie.

Intussen het die vlak van die Raubenheimerdam van 30,3% tot 31,12% gestyg.

Die burgemeester, Colan Sylvester, het dit duidelik gestel dat die raad ongewilde besluite sal moet neem om seker te maak die dorp het water gedurende Desember­ en Januarie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters