2 maande gelede
Biker sit ná hy traffic cop aanrand
'n Verkeersbeampte is Saterdag aangerand.
'n Biker is Saterdag in hegtenis geneem ná hy 'n verkeersbeampte aangerand het.  ~ Netwerk24

‘N BIKER is in George toegesluit ná hy na bewering ’n provinsiale verkeersbeampte aangerand en toe van die toneel probeer vlug het.

Na wat verneem word, is drie motorfietsryers Saterdag deur beamptes afgetrek omdat hulle na bewering op ’n soliede padversperringslyn en ’n geverfde eiland verbygesteek het.

Die 50-jarige verdagte is deur ’n ander provinsiale verkeersbeampte aangekeer toe hy van die toneel wou vlug.

Die verdagte is steeds in aanhouding. Hy is aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur.

Volgens Jandre Bakker, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, is die beampte wat aangerand is, steeds in die hospitaal. - Algoa Fm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters