3 maande gelede
Bib vier ‘hart van Afrika’
edelstene: Die George-biblioteek het Afrika-maand op ’n unieke manier gevier. Van links is Sue Schulze; Elmine Vorster van die George-biblioteek; dr. Esmé Spicer; Malibongwe Luyenge, bibliotekaris; Rachel Williams, bestuurder van die biblioteek; Hannelouw van Staden en Ria Stander. Foto verskaf  ~ 

DIE George-biblioteek het ’n anderste en opwindende tema gehad vir Afrika-maand in Mei.

Dié biblioteek het die kollig geplaas op edelstene en minerale wat uit Afrika kom.

Dr. Esmé Spicer, ’n geoloog, is gevra om ’n praatjie te hou oor die verskillende edelstene en metale.

Malibongwe Luyenge, se­nior bibliotekaris, het gesê gewoonlik word die verskillende kulture in Afrika-maand gevier.

“Maar vanjaar het ons besluit om die hart van Afrika te vier deur middel van die edelstene wat van die ryk vasteland kom.”

Spicer het haar doktorsgraad in geologie aan die Universiteit Stellenbosch behaal en het ook oorsee geswot. Sy het al die wêreld oor gereis vir haar werk.

Volgens haar is geologie ’n rigting wat baie rewarding is en mense kan werk in dié rigting kry deur ’n mineraal-, edelsteen- of geologie-konsultant te word.

Gebruik

Spicer het ook begin om kursusse vir skoliere aan te bied. Sy het gepraat oor die prag van edelstene en metale en wat hulle werd is en ook waarvoor hulle gebruik word.

“Diamante word gebruik vir snywerk, fluoried word gebruik in tandepasta, en kalsiet in optiese lense.”

Sy meen tanzaniet is lelik voordat dit warm gemaak word en die kleure uitkom.

“Dié edelsteen kom uit Tanzanië en is baie skaars.”

As mense meer inligting wil hê, kan hulle Spicer e-mail by esme.spicer@gmail.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters