13 dae gelede
Bevelvoerder word onthou
TOT SIENS: Van links staan Patrick Blaauw (voorsitter: OGPF), Rachel Delport (ondervoorsitter), Miriam Daries (ECPW), kapt. Beverly Booysen, AO Shumelia Lewis, AO Rowena Erasmus, kol. Cynthia Basie (SAPD Kollege), brig. Nolan Michaels (SAPD, George), Lelani Boonzaaier (GPF-sekretaresse), AO Leila Claassen, kol. Chris Marnewick, Chris Grey (Sektor 3), past. Gladys George en Philip Seroux (projekbestuurder: OGPF).  ~ Garnett Wicomb

OUDTSHOORN. – Sy was vir hom ’n moederfiguur en ’n omgee-­mens soos min.

Só het Phillip Seroux in die Grace Church International tydens ’n gedenkdiens vir brig. Lavona Januari gesê.

Seroux is projekbestuurder van die Oudtshoorn-gemeenskapspolisiëringsforum (OGPF) en Januari was ’n voormalige bevelvoerder van die Oudtshoorn-polisie.

Die OGPF het die diens in samewerking met die SAPD gereël.

Januari is ná 56 dae in die Panorama-kliniek in Kaapstad aan Covid-19 oorlede.

Sopkombuis

Sy het in Maart vanjaar ná ’n indrukwekkende 38 jaar in die polisie met vervroegde pensioen afgetree.

Volgens Seroux het Januari uit haar pad gegaan om die sopkombuis te ondersteun wat hy en sy vrou vir die kinders van Polisiehoogte bedryf, sowel as ander projekte van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum.

Patrick Blaauw het Januari in sy huldeblyk beskryf as ’n vrou van inbors en ’n diep gelowige.

“Sy het ’n liefde gehad vir nie-regeringsorganisasies in die gemeenskap ondersteun en was ’n spanleier soos min.

“Sy wou altyd help waar sy kon.”

Twee kerse om Januari se nalatenskap te vier, is aangesteek deur onderskeidelik brig. Nolan Mic­haels en kapelaan past. Gladys George.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters