Verlede maand
Besemslaner kry vyf jaar
 ~ 

OUDTSHOORN. – Hy sal Krismis 2017 nooit vergeet nie.

Elton van Vuuren (25) is vroeër die week vir sy gewelddadigheid op dié dag vyf jaar tronkstraf toegedien.

Streeklanddros Daniel Boks het g’n genade met die besemstokslaner gehad nie.

Boks wou nie ’n opgeskorte vonnis in dié geval oorweeg nie.

Van Vuuren het op Krismis sy girlie met die besemstok geslaan en haar enkel is gebreek.

Boks sê in Vrouemaand moet die regte boodskap uitgestuur word.

Hy moet afgeskrik word en só ook ander wat durf waag hul hande lig vir vroue en selfs wapens gebruik.

Die hof het egter in aanmerking geneem dat hy skuldig gepleit en ’n mate van berou getoon het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters