4 maande gelede
Begrafplaas in haglike toestand
Begraafplaas
'N Verlate gebou aan die bopunt van die begraafplaas is duidelik die tuiste van rondlopers.  ~ George Herald

ALHOEWEL daar al jare 'n twis is heers daar groot kommer oor die toestand van die George-begraafplaas.

GeorgeHerald berig dat die toestand by die laaste rusplek is moontlik ook die rede waarom sommige inwoners nou verassing as opsie oorweeg.

Barby Richards vertel aan die publikasie hoe sy sowat 'n maand gelede met die begrafnis van haar metgesel, David Wilkomirsky, aangeraai is om nie die graf te besoek nie.

Sy was genoem dat dit gevaarlik is en daar rooftogte plaasvind, maar wou dit steeds self sien.

By die begrafplaas het sy foto's van die verlate gebou geneem, wat nou ook blyk die tuiste te wees vir die wie die plek bemors.

Richards sê: "Hulle het net geen respek vir die lewende en nog minder vir die dood.

"Vullis is oral, rondom, grafte gestrooi."

Sy noem dat lockdown nie 'n verskoning is vir die toestand nie, want die begrafplaas word lank voor dit reeds verwaarloos.

In reaksie sê Walter Hendricks, hoof van gemeenskapsdienste van die munisipaliteit, daar word kennis geneem van Richards se kommer.

"Daar is intussen weer opgeruim en onkruiddoders is ok oral in die begrafplaas toegedoen."

Volgens GeorgeHerald sê Hendricks die verlate gebou in die begrafplaas behoort nie aan die munisipaliteit nie.

Hy noem voorts dat hulle besig is om die situasie met die eienaars te bespreek.

"Die grafte is ook die verantwoordelikheid van die naasbestaandes van die oorledene wie begrawe is," aldus Richards. - GeorgeHerald

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters