14 dae gelede
Bedrieër by hospitaal kry sy straf
Jacob Claassen (63) het skuldig gepleit op 82 klagte van bedrog.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N OUD-WERKER by George se Provinsiale Hospitaal is laas Woensdag in die streekhof skuldig bevind op verskeie aanklagte van bedrog.

Jacob Claassen (63) was ’n lid van die voorsieningskettingbestuur toe hy deur die Valke ondersoek is. Hy het glo tussen Februarie en Desember 2011 met twee ander beskuldigdes saamgewerk.

Die spannetjie het verskeie maatskappye geregistreer om baie tenders by die hospitaal te kry.

Opgeskort

Volgens Zinzi Hani, ’n woordvoerder van die Valke, beloop die bedrag ter sprake R4,4 miljoen. Van die beskuldigde se familielede was ook lede van die maatskappye.

Claassen het skuldig gepleit op 82 klagte van bedrog. Hy is 10 jaar gevangenisstraf opgelê wat in die geheel vir vyf jaar opgeskort is. Die hof het hom ook 36 maande korrektiewe vonnis opgelê. Die saak teen die ander beskuldigdes is tot 21 September uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters