13 dae gelede
Bakkieman hou nog dik
Johnny Donson verskyn op 21 Mei weer in die hof.  ~ Foto ter illustrasie: Son

’N SAAK teen ’n man van Oudtshoorn is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel. Hy word daarvan aangekla dat hy drie keer oor ’n man gery en toe van die toneel gevlug het.

Johnny Donson (38) staan tereg op klagte van moord en versuim om op 5 Januarie 2018 in Swawellaan, Bridgton, hulp aan ’n beseerde op die ongelukstoneel te verleen.

Die slagoffer, Ricardo Fourie (43), het ’n paar dae later in die Groote Schuur Hospitaal gesterf.

Donson ontken hy het Fourie gesien. Donson ontken dus die getuienis van drie ooggetuies, Bevedine Britz, Leano le Roux en Johan Stuurman.

Die saak is vir die slotargumente tot 21 Mei uitgestel.

Donson is uit op borgtog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters