14 dae gelede
Baie vrees ‘laities wat tiener lem’
D
Vyf seuns met messe het 'n gr.11-leerder gesteek.  ~ Foto ter illustrasie

’N TIENER (17) is ernstig beseer toe youngsters in die Barcelona-plakkerskamp naby Mosselbaai hom aangeval het.

Vyf seuns met messe het die gr. 11-leerder Maandag aangeval terwyl hy van die sportveld af huiswaarts gestap het.

Die seun is ses keer gesteek, waarvan verskeie kere langs die kant van sy kop.

Lelethu Buninzi sê haar neef se aanvallers is berug daarvoor dat hulle die buurt se kinders terroriseer.

Sy sê dié laities het die strate oorgevat en beroof mense en rand hulle aan.

Vasvat

Buninzi sê: “Ons vrees veral saans vir ons lewe.

“Die afgelope twee maande is baie erg. Ek wens die polisie en gemeenskap kan hierdie seuns vasvat.”

’n Gemeenskapsleier, Lutho Gxarha, sê sedert die land nie meer onder so ’n streng lockdown is nie, het misdaad in hul buurt toegeneem.

“Mense is bang om hul kinders winkels toe te stuur.

“Een van die grootste oor­sake vir die toename in misdaad, is onwettige shebeens.”

Die onwettige shebeens verkoop na bewering drank aan minderjariges.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters