11 dae gelede
Antie rook tee ná ‘ban’
TEESINNIG: Ant Noqwathi Mdluli kap selfs ná die lockdown aan om haar tee uit ou teesakkies te rook.  ~ Mpumi Kiva

’N ANTIE van die township Lawaaikamp naby George sê sy is verslaaf aan teesakkies rook.

Die 52-jarige Noqwathi Mdluli sê sy moes maar gedroogde tee uit ou teesakkies rook toe die lockdown-verbod op die verkoop van sigarette ingestel was.

Maar selfs al is entjies al lankal terug op die winkelrakke, gaan Mdluli voort om haar ou teesakkies te rook.

Mdluli deel ’n tweeslaap­kamer-shack met ’n vriendin, Deline Knowles (51), wat haar werk op ’n plaas verloor het.

By Son se aankoms was Mdluli besig om vir haar ’n teesakkie-zol te swaai.

Volgens haar hou sy daarvan om eers tee te drink en dan later die blare van die einste teesakkie te rook.

“Ek het in die verlede entjies gerook, maar veels te veel geld daaraan spandeer.

“Tydens die verbod op entjies was ek te bang om die onwettige sigarette te rook en het toe maar besluit om eerder die teesakkies te rook.

Gesonder

“Die teesakkies was ál ding wat my gehelp het om met die stres en frustrasie van die lockdown te cope.”

Sy sê mense lag oor sy teesakkies rook, maar hou vol dis gesonder omdat dit nie enige nikotien bevat nie.

’n Vriendin, Feziswa Malize, sê sy was eers nie baie impressed met Mdluli se teesakkie-rokery nie.

“Sy (Mdluli) glo dat sy eendag die rokery gaan quit, maar moet eers op hierdie teesakkie-journey van haar gaan,” het Malize verduidelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters