12 dae gelede
Ant Pop kort hulp met geheue wat lol
ONTHOU NIE LEKKER: Rachel “Pop” le Roux wil graag die dots connect.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Soos die spreekwoordelike verlore dogter het sy nou teruggekeer – maar sy sukkel ’n bietjie met haar geheue.

Só beskryf Rachel “Pop” le Roux (65) se familie haar nadat sy ’n ruk gelede weer hier opgedaag het.

Ant Pop, wat langer as drie dekades in die Suid-Kaap (Knysna) en Boland (Paarl en Wellington) rondgeswerf het, sukkel nou om die stukke van die puzzle van haar lewe saam te pas. En al wat sy nou wil doen, is om die dots te connect.

Oorlede

Classien Rothman, by wie sy tans tuis woon, vertel: “Sy het net eendag uit die bloute opgedaag. Mense van die Paarl het haar hier gebring. Ook maar uitgefigure.

“Dit was nadat ons op ’n tyd ’n tyding gekry het dat sy reeds oorlede is.

“Maar nou het haar geheue ingegee en ons wil net lesers vra om ons te help om die verlore gedeeltes van haar lewe saam te sit.

“Sy het nou nie eens ’n ID nie en het ook saam met straatmense gewoon. Sy ken nie eens die man met wie sy vir jare saamgeleef het nie.

“Sy het ’n stroke gehad en is nie meer so gesond nie.”

Volgens Rothman het Ant Pop twee susters, Florie en Veronica, maar sy weet ook nie waar hulle is nie.

Lesers wat kan help, kan Rothman by 073 184 8369 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters