Verlede maand
Ambulans bots met pasiënt in
ambulans
Die ambulans het in die lamppaal gery nadat dit met 'n VW Polo gebots het.  ~ ER24

NIEMAND is beseer nie toe ‘n ambulans, wie ‘n pasiënt vervoer het, met ‘n VW Polo bots.

Die voorval Vrydagoggend het op die hoek van Yorkstraat en Plattner-boulevards plaasgevind.

GeorgeHerald berig dat aanvanklike inligting toon die ambulans het oor ‘n rooilig gery, toe dit uit die rigting van Pacaltsdorp kom. Die noodvoertuig het in ‘n lamppaal vasgery nadat dit by die kruising met die VW, wat Yorkstraat gekruis het, gebots het.

‘n Ooggetuie vertel dat die ambulans met sy noodligte aan oppad na die hospitaal, met pasiënte was.

“Dit is moontlik dat die VW nie die ambulans sien aankom het nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters