18 dae gelede
Afgedankte werker en sy union klop ’n ‘reus’
OORWINNING: Koos Ayslie (links) en Ricardo­ Herandien is verheug.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Soos ’n Dawid teen die reus.

Só beskou Koos Ayslie en sy union, die Municipal and Allied Trade Union of SA (Matusa), die geveg tussen Ayslie en sy werkgewer.

Ayslie en Matusa het die betrokke werkgewer CCMA toe gevat nadat hy Ayslie in die pad gesteek het.

Ricardo Herandien, shop steward van Matusa, het Ayslie in ’n CCMA-saak verteenwoordig.

Herandien verduidelik: “Ons geveg was teen een van die rykste konstruksiemaatskappye in die Suid-Kaap. Ons het Ayslie se saak gewen, maar toe appelleer hulle.

“Toe is dit weer CCMA toe en op 20 Augustus toe word die werkgewer se appèl van die hand gewys.”

Herandien sê die CCMA het nou beslis dat ’n bedrag van R28 000 aan Ayslie betaal moet word.

Die maatskappy het nie op Son se versoeke om kommentaar gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters