2 maande gelede
Winkeltrolley word bo kar vir matriekafskeid gekies

MATRIEKS neig om of met die duurste of vreemdste ryding by 'n matriekafskeid aan te kom.

Anja Coetzee en Marlo Carstens het seker gemaak alle oë is op hulle vir die glansgeleentheid.

Die twee het by Hoërskool Brackenfell se matriekafskeid met 'n winkeltrolley opgedaag.

Vir die twee was dit nie oor om geld te spaar of uniek te wees en uit te staan nie. Hulle het 'n spesiale storie probeer vertel met die trolley.

Die twee, wat saam besluit het op die trolley as vervoermiddel, gaan altyd saam inkopies doen en dan is die hoogtepunt van hul dag wanneer Carstens vir Coetzee in die trolley stoot.

Dit het 'n weeklikse ding geword vir die twee en so het hul op die trolley besluit.

"Die idee was nie om uniek of anders te wees nie, maar om spesiaal te voel. Ons het baie spesiaal gevoel en meer oë was gerig op ons as op die Ferrari's en BMW's," spog Coetzee.

Die twee is ook baie dankbaar aan die winkel in Vredekloof in Brackenfell wie die trolley geborg het.

Carstens meen dit het hul aand volmaak gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters