13 dae gelede
Vuur en vlam om jou te help
Maria Bester  ~ 

BRANDBESTRYDERS van die Stad Kaapstad is nie net gereed om jou lewe in geval van ’n brand of ongeluk te red nie, hulle sal ook help as jy ’n bloedverwante siekte het.

Die manne en vroue in blou het met The Sunflower Fund (TSF) hande gevat vir ’n Donor Drive.

Die doel daarvan is om mense bewus te maak van bloed- en ander soorte kanker en ander bloedverwante siektes.

Die brandbestryders het ’n stap verder gegaan en aktiewer betrokke geraak deur stamselle te skenk.

Maria Bester van die TSF verduidelik: “Die hele proses begin met ’n swab in die mond.

“Dit word dan gestuur vir toetse om te kyk of die brand­bestryders ’n genetiese match is.”

As hulle wel match, word hulle vir gesondheidstoetse gestuur.

Sou hulle die toets slaag, word hulle na ’n spesialis gestuur.

Dié behandel hulle sodat hulle liggame meer stamselle vervaardig.

“Dit was maklik om die eenheid se samewerking te kry.

“Hulle weet klaar wat dit is om ander te help en hulle lewe te red.

“Met dié inisiatief bring hulle ook hoop.”

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste, sê die brandbestryders wat by die projek betrokke is, is onselfsugtig en red só lewens.

Dit is nie die eerste keer dat hulle met TSF saamwerk nie. In September het hulle Hope bekend gestel.

Dié pienk brandweerwa word in die Donor Drive-programme gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters