2 maande gelede
Vereniging bewys eer aan vroue
onthou: Past. Gladys George­ (tweede van regs) president van Bongolethu se Vrouevereniging van Kerke, saam met van die vroue wat gedenkbekers ontvang het.Foto: garnett wicomb  ~ 

BONGOLETHU se Vrouevereniging van Kerke in Oudtshoorn het nasionale Vrouedag in die St. Johns Anglikaanse Kerk gevier met ’n geleentheid ter herdenking aan vroue van dié woonbuurt wat sedert Desember 2020 hul lewe weens Covid-19 verloor het.

Persoonlik

Spesiale gedenkbekers is oorhandig aan verteenwoordigers van 12 families wat in dié tyd ’n ma aan die dood afgestaan het.

Volgens past. Gladys George­, president van die vereniging, het hulle op die geleentheid besluit omdat dit weens Covid 19-regulasies nie vir almal moontlik was om die vroue se begrafnisse by te woon of persoonlik met families te kon simpatiseer nie.

“Ons is vandag hier om hul lewe te vier, nie om te treur nie.”

Kerse is aangesteek ter herdenking van die oorledenes. George het die geleentheid afgesluit met ’n woord van bemoediging.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters