Verlede maand
Tuin maak gee hoop aan vele
Avianpark tuinklub
a (62) van Avianpark, Worcester werk hard in haar tuin.  ~ VERSKAF

Die lewe in Avian Park, Worcester is moeilik, maar ondanks die talle uitdagings wat baie in die gesig staar, bring die plaaslike tuinklub vir baie hoop. 

Die Avian Park Community Garden klub is in 2015 gestig om 'n platform te bied vir lede om tuinmaakkennis- en -vaardighede met mekaar te deel.

Hul pogings het onlangs ’n groot hupstoot met 'n vennootskap met Shoprite gekry.

Die Shoprite-groep het ’n watertenk, infrastruktuur vir die oes van reënwater, ’n heining en tuingereedskap aan die klub, van 46 lede, geskenk.

Hierdie lede ontvang ook gereeld opleiding en kry elkeen ’n ‘tuin in ’n emmer’-stel om hul werk in hul tuine oor die Worcester-omgewing te versprei.

“Terwyl ons hongerte aangepak het deur groentetuine regoor Suid-Afrika te ondersteun, is ons ook bewus van die behoefte van mense om hul eie kleiner tuine by die huis te hê," vertel Lunga Schoeman, CSI-bestuurder van Shoprite. 

Schoeman noem: "Die ‘tuin in ’n emmer’ is 'n antwoord vir die behoefte." 

Avianpark Tuinklub
Sophia Williams (55) van Avianpark, Worcester hou van tuinmaak.

Sophia Williams (55), ’n begunstigde van hierdie inisiatief, bestuur die tuin by die Laerskool Avian Park en haar eie tuin by die huis. Elke dag plant Sophia en haar vier helpers groente soos wortels, groenbone, tamaties en uie. Met dit voed hulle leerders, gestremdes, die helpers en hul gesinne.

Sy sê: "Die beste was die opleiding. Almal van ons het so baie geleer.

Williams meen dit het selfs die vrywilligers wat voorheen minder geesdriftig oor tuinmaak was, aangemoedig om by die klub aan te sluit.

"Hulle waardeer nou die verskil wat hulle in die gemeenskap kan maak."

Martha Japhta (62) het 2012 begin tuin maak toe sy nie ’n werk gehad het nie.

Jahpta sê hulle plant van alles in die tuin.

“Die tuin help baie, soos om 'n stukkie brood op die Tafel te sit.

"Ons verkoop ook die groente, om dan weer groentesaad te koop En dan gee ons ook aan die sopkomuis."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters