4 maande gelede
Toy Run vat weer die pad
Vir die kids: Duisende bikers word by die GrandWest-casino verwag. Foto verskaf  ~ 

DIE jaarlikse Toy Run vind Sondag by die GrandWest-casino plaas.

Dis die 36ste Toy Run en derduisende motorfietsryers van oor die land heen gaan weer aan die event deelneem.

Die doel is om speelgoed vir behoeftige kinders in te samel.

Die bikers maak die speelgoed aan hulle motorfietse vas en hou dan parades in groot stede landwyd.

Daarna skenk hulle die speelgoed aan weeshuise, hospitale en plekke van veiligheid vir kinders.

Elouise Matthys, GrandWest se promosie-bestuurder, sê sowat 3 000 bikers sal na verwagting aan die Toy Run in Kaapstad deelneem.

Matthys voeg by: “Die Toy Run is Suid-Afrika se grootste motorcycle ride en dis alles vir liefdadigheid.

“Ons is verheug om dié soort motorfietsryers te host waar hulle weer op hulle jaarlikse rally vertrek.”

Bikers kom van 07:30 af saam. Hulle beplan om 10:30 met hulle ride te begin. Die bikers eindig dan by die Killarney-renbaan.

  • Vir meer inligting oor die Toy Run, besoek gerus die website toyrun.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters