2 maande gelede
Toneelstuk fokus op euwels
Toneelspel: Leerders van Uitenhage hou ’n opvoering oor die gevare van gangsterism en dwelms. FOTO VERSKAF  ~ 

KINDERS so jonk as 12 jaar word deesdae vasgevang in gangsterism en dwelmmisbruik in Uitenhage.

Dié hartseer werklikheid het Stephen Grootboom (42) laat regop sit.

Hy het toe besluit om ’n toneelstuk genaamd Nothing is impossible by God te skryf.

Die teikengroep is tieners van dié gebied. Al die spelers in die toneelstuk is tussen 15 en 18 jaar oud.

“Ons sit met ’n groot probleem met kinders wat op dwelms is. Hulle raak betrokke by verkeerde vriende, en daar begin alles.

“Alles begin maar buitekant met cigarettes en dan gaan dit na drugs toe,” sê Grootboom.

Leerders van die Hoërskool Uitenhage en John Walton vertolk die rolle van onder meer bendebase en dwelmhandelaars.

Die toneelstuk word vandag 15:00 in die Uitenhage-burgersentrum opgevoer.

Enigeen is welkom om dit by te woon.

Mrs PE 2018, Sibongiseni Kula, gaan daar wees, asook die SAPD, korrektiewe dienste, brandweerdienste en ’n radioaanbieder van PE FM.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters