7 dae gelede
Tóé draai sy luck
hard besig: Werkers is aan die gang en laat nie toe dat die lockdown hulle onderkry nie. FOTO’S verskaf  ~ 

GEBORE in die lockdown.

Vir baie was die aankon­diging van die baie streng lockdown in die land alles­behalwe goeie nuus.

Die lewe van Sean Bergman (40), eienaar van ’n swembad- en boorgat-onderneming, het egter verbeter.

Bergman van Mitchells Plain kon die krane van sukses behoorlik oopgedraai danksy sy volharding om sy omstandighede te verbeter.

Hy sê hy het vir jare odd jobs gedoen om aan die lewe te bly.

“Al het ek meer as 15 jaar ondervinding in sakebestuur kon ek net nie ’n vaste job kry nie.”

Net voordat die corona­virus die wêreld getref het, het Bergman by ’n maatskappy gewerk wat boorgate en swembaddens installeer.

Hy verduidelik dat hy maar R100 per dag gekry het.

“Dit was net genoeg om petrol in die kar te gooi, maar dit het my nie afgesit nie, want deur dit het ek ook iets nuuts geleer.”

Toe die lockdown kom, het Bergman weer by die huis opgeëindig.

Hy sê dit het hom egter nie afgesit nie.

Hy vertel die lockdown het hom ’n ander perspektief op die lewe gegee.

Hande

“Ek het na my eie situasie bekyk. Ek kon nie meer by mense geld leen nie, want ek het self niks om terug te gee nie.

“Toe tref dit my – as ek ander besighede suksesvol bemark het, waarom kon ek dit nie vir myself doen nie?

“Ek het die skills om met my hande te werk en ook om myself te bemark.”

Een van sy vriende het hom toe die bal aan die rol help kry.

Nou is sy besigheid een van die bestes, spog hy.

“Vir vier maande se werk het ons sover nog net vyfstergradering gekry.

“Dis mainly omdat ons kwaliteit-werk vir die helfte van die prys doen.

“Dis hoekom ek steeds broke­ is, maar my skuld is alles afbetaal.”

Bergman se werknemers is ook mense wat tydens die lockdown gesukkel het.

Vang

Hy sê hy gee die werkers opleiding sodat hulle moontlik ook eendag vir hulself sal kan werk.

“Ek gee jou nie die vis nie, ek leer jou hoe om vis te vang.

“Dit is die doel – om mense te leer dis nooit die einde wanneer jy af voel nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters